Welkom by

Vriende van AfriForum!

Hierdie webblad is spesifiek geskep vir buitelandse ondersteuners van AfriForum wat graag gereeld tot ons projekte en aksies wil bydra, maar nie toegang tot ’n Suid-Afrikaanse bankrekening het nie.

Inligting:

AfriForum het die grootste waardering vir Suid-Afrikaners in die buiteland, asook ondersteuners van ander nasionaliteite wat buite die land bly en in ons werksaamhede belangstel.

Deur hierdie kanaal kan jy op hoogte van ons aktiwiteite bly en maandelikse donasies maak om ons in staat te stel om dit voort te sit.

Vriende van AfriForum word deel van die AfriForum familie.

Dit beteken:

01

’n Verpersoonlikte sertifikaat word na intekening aan Vriende gestuur;

02

U word outomaties ingeteken op Vonkpos, die weeklikse elektroniese nuusbrief van AfriForum wat u op hoogte van ons burgerregte aktiwiteite hou. Besoek gerus AfriForum se webwerf hier. AfriForum se manifes kan hier gevind word;

Besoek webwerfBurgerregtemanifes

03

U word ook outomaties ingeteken op Kollig, die tweeweeklikse nuusbrief van AfriForum se Wêreldwyd-inisiatief vir mense in die vreemde. Lees hier meer oor Wêreldwyd;

Besoek webwerf

04

U data word beskerm in ooreenstemming met die jongste nasionale en internasionale wetlike vereistes in die verband. Dit sal nie gebruik word om enige produkte aan u te bemark nie en u is welkom om enige tyd uit te teken as Vriend of op enige van die publikasies wat aan u gestuur word.

Privaatheidsbeleid

Voltooi hierdie vorm om ’n Vriend van AfriForum te word en u maandelikse bydrae te aktiveer.

Kwessies wat tans groot aandag geniet, is:

MAAK ’N DONASIE