Welkom by

Vriende van AfriForum!

Hierdie webblad is spesifiek geskep vir buitelandse ondersteuners van AfriForum wat graag gereeld tot ons projekte en aksies wil bydra, maar nie toegang tot ’n Suid-Afrikaanse bankrekening het nie.

Dra by tot ons projekte en aksies

Daar is ’n aantal wyses waarop jy by Vriende van AfriForum betrokke kan raak. Jy kan help – die werk wat ons doen word deur jou bydrae aangevuur.

Kies enige van die twee opsies hieronder om ’n veilige aanlyn betaling te maak:

Dit is heel gepas vir internasionale en plaaslike ondersteuners wat graag ’n eenmalige of maandelikse skenking wil maak.

As jy enige bedrag aan AfriForum via ’n elektroniese oorplasing wil doen, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik:

Banknaam: First National Bank
Bankadres: FNB Building, 87 Frikkie de Beer St, Menlyn, 0181
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
SWIFT-kode: FIRNZAJJXXX

(verwysing: VriendeVanAfriForum)

Vrae wat gereeld voorkom:

Is my skenking veilig?

Heeltemal. Die veiligheid en vertroulikheid van jou inligting is ons hoogste prioriteit. Ons gebruik industriestandaard SSL (secure socket layer) tegnologie om jou inligting te beskerm en ’n veilige omgewing vir aanlyn skenkings te skep. Ons sal jou persoonlike inligting nie aan enigiemand anders verkoop, dit verhandel of deel nie, of e-posse namens ander organisasies aan jou stuur nie. Ons sal jou persoonlike inligting slegs deel as jy ons spesifieke toestemming gee om dit te doen. Sien ook ons privaatheidsbeleid.

Kan ek ’n artikel 18A-sertifikaat ontvang?

Ja, ’n skenking aan ’n artikel 18A-goedgekeurde organisasie kan van belasbare inkomste afgetrek word. Dit geld slegs vir individue wat belasting in Suid-Afrika betaal.

Kontakbesonderhede

AfriForum

AfriForum

AfriForum is ʼn nie-regeringsorganisasie, geregistreer as ʼn Maatskappy sonder winsoogmerk, met die doel om minderhede se regte te beskerm.

086 10 200 30
afriforum@afriforum.co.za

Wêreldwyd

Wêreldwyd

Wêreldwyd is ‘n inisiatief van AfriForum om nuus en inligting uit te ruil onder Suid-Afrikaners wat gelukkig in die buiteland woon; of mense wat daar gewoon het en terug in Suid-Afrika is, of mense wat steeds buite die grense van die land woon, maar eendag wil terugkeer.

012 644 4485
wereldwyd@afriforum.co.za

MAAK ’N DONASIE